Nuwe huurwonings tans in aanbou in Orania
Ses moderne dubbelverdieping-skakelhuise is tans in aanbou. Registrasie en voorafbesprekings is nou oop.

Kamerkeuses en pryse
Volledig gemeubileerde studenteverblyf vir dames
Drie van die wonings word volledig ingerig as studenteverblyf, spesifiek vir damesstudente vanaf hul eerste studiejaar by Bo-Karoo Opleiding (BKO).
Die kamers word afsonderlik verhuur. Normaalweg word een student per kamer gehuisves. Die groter slaapkamers kan, indien verlang, deur hoogstens twee studente gedeel word.
Elke slaapkamer word toegerus met:
- ’n Bed
- ’n Lessenaar
- ’n Studiestoel
- Genoeg ruimte vir persoonlike besittings
Die inwoners van elke woning maak gesamentlik gebruik van:
- ’n Volledig toegeruste kombuis
- ’n Ruim eet- en sitkamer
- ’n Televisie
- ’n Eettafel en stoele
- Bykomende studeerplekke in die sitkamer
- ’n Badkamer met stort, wasbak en toilet
- ’n Tweede, aparte toilet op die boonste verdieping
- ’n Gastetoilet op die grondvloer
- Twee parkeerplekke, waarvan een onderdak is
Die drie studentehuise deel ’n buite-area met ’n braaiplek, ’n swembad van 3 × 2 meter en ’n onderdak-ontspanningsruimte..
Registrasie en keuring van studente
Grondvloer
Die grondvloer bied ’n ruim gemeenskaplike leefarea waar studente gemaklik kan woon, eet en studeer. Die volledig toegeruste kombuis sluit direk aan by die eet- en sitkamer, met ’n televisie, meubels en bykomende studeerplekke. ’n Aparte gastetoilet is ook op die grondvloer beskikbaar.

Boonste verdieping
Die boonste verdieping beskik oor drie volledig gemeubileerde slaapkamers. Elke kamer word toegerus met ’n bed, lessenaar en studiestoel. Normaalweg word een student per kamer gehuisves, terwyl die groter slaapkamers deur hoogstens twee studente gedeel kan word. Daar is ook ’n badkamer met stort, wasbak en toilet, asook ’n tweede, aparte toilet.

Volledige gesinswonings te huur
Die ander drie wonings word elk as ’n volledige woning verhuur en is geskik vir gesinne of werkende persone. Elke woning bied ongeveer 114 m² se vloeroppervlakte, drie slaapkamers, ruim leefareas en twee parkeerplekke, waarvan een onderdak is.
Die terrein word netjies geplavei, omhein en aangelê.